Menu
Cart 0

Two Appointments Every Man Has To Keep (Afrikaans)

  • $ 3300

PrintMyTract.com logoNOTE: This item is custom-printed to order (click for more details).

Printing Time
Tract Quantity
Add Your Custom Imprint—FREE! (click for more details)

 


  • Estimated shipping date: Thursday, April 18 (Click for more details)
  • SKU:
  • Discounts: Discount coupons do not apply to this item
  • Format: Folded Tract
  • Size: 3.5 inches x 5.5 inches
  • Pages: 4
  • Returns: Because this item is custom-printed to order, it cannot be returned.

Show all item details


The full text of this tract is shown below. (Do you want to print this tract in a different version than the one listed? Contact us and let us know what you're looking for—we may be able to create the alternate version for you at no charge.)

Ons maak afsprake elke dag. Party kom ons na, maar ander stel ons uit of af.

Nogtans is daar twee afsprake wat elke mens moet nakom.

Die Bybel maak dit duidelik dat elke mens ‘n afspraak met die dood het en daarna ‘n afspraak met God het. “En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel” (Hebr 9:27).

‘n Afspraak met die Dood

Ons het ‘n afspraak met die dood weens sonde. Ons almal sondig as gevolg van die keuse van een man—die eerste man, Adam. Adam het God se eerste gebod oortree en die verbode vrug geëet. Die Bybel sê, “Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het” (Rom 5:12). Van nature en deur keuse is ons almal sondaars. Ons sonde lei tot beide fisiese en geestelike dood (skeiding van God).

‘n Afspraak met God

Ons het almal ‘n afspraak met God nadat ons gesterf het. Wanneer ons God ontmoet, sal Hy ons veroordeel as sondaars of hemel toe neem as Sy kinders. “Omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel” (Hand 17:31). “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe” (Joh 5:24).

Hoe kan jy gereed wees?

Goeie dade sal jou nie voorberei vir hierdie ontmoeting met God nie. Efesiërs 2:8-9 sê, “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.”

Ons word slegs gered deur die keuse van ‘n gehoorsame, sondelose man. “Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees” (I Pet 3:18). Die tweede Adam, Jesus Christus, het God se wil gedoen en vir die mensdom se sondes gesterf, sodat gemeenskap met God herstel kan word en die ewige lewe aan almal beskikbaar gestel kan word. I Korinthiërs 15:22 sê, “Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word”. Christus het vir jou sonde gesterf en het opgestaan uit die dood sodat jy gereed kan wees om God te ontmoet.

Jy is die enigste een wat ‘n keuse oor jou toekoms kan maak. Die enigste wyse waarop jy jouself kan voorberei om God te ontmoet is om jou te bekeer in gehoorsaamheid aan Sy bevel, en Christus as jou persoonlike Here en Saligmaker aan te neem (bekering beteken om weg te draai van jou eie pad na God se pad toe). Jesaja 55:7 sê, “Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.” Romeine 10:9,13 sê, “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word… Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”

Die slegte nuus is dat indien jy nie kies om die geregtigheid van Christus aan te neem nie, jy met al jou sonde voor ‘n heilige God sal moet staan, en dan verdoem word vir ewig in die hel. “Hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam” (Hebr 2:3). Hel is ‘n werklikheid en ongelowiges sal nie toegelaat word in die hemel nie. “En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb 20:15).

Is jy gereed om God te ontmoet?

As jy gewillig is om in nederigheid jou sondige toestand voor God te erken en in jou hart jou van sonde na Christus te keer, dan hoef jy nie bang te wees vir jou twee afsprake nie.

Sal jy nie die Here Jesus vandag nog aanroep nie?

“Maar almal wat Hom [Jesus] aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo” (Joh 1:12).

As jy Hom aanneem, dan is jy gereed.

As jy Hom nie aanneem nie, dan is jy nie gereed nie.

Back to top of page


We Also Recommend